
=====================================================================
Pansat: n die millennium (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Pansat: n die millennium

  Cynthia Marivate s hoe die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad se vooruitsigte en uitdagings anderkant 2000 lyk. VOORDAT jy begrip kan h vir 
die uitdagings wat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad in die gesig staar, moet eers duidelikheid verkry word oor wat Pansat presies is, 
waarvoor die raad hom beywer, hoe dit verband hou met waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en wat Pansat se missie en visie is.

Die Pan-Suid-AfrikaanseTaalraad het tot stand gekom ingevolge die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad Wet 59 van 1995 en die Wysigingswet van 
1999.

Missie

Die doel van Pansat is om veeltaligheid in Suid-Afrika te bevorder deur:

* Die omstandighede te skep vir die ontwikkeling en die gelykwaardige gebruik van alle amptelike tale;
* Die kweek van respek vir en aanmoediging van die gebruik van ander tale in die land;
* Aanmoediging om die land se taalrykdomme ten beste te benut en om Suid-Afrikaners in staat te stel om hulle van alle taaldiskriminasie, -
oorheersing en -verdeeldheid te bevry en om hulle in staat te stel om toepaslike taalkeuses te maak vir hul eie welsyn en vir nasionale 
ontwikkeling.

Visie

Om te sorg vir die erkenning, uitvoering en ondersteuning van veeltaligheid in die Republiek van Suid-Afrka deur die ontwikkeling van 
voorheen gemarginaliseerde tale.

Die rol van Pansat is eintlik om die potensiaal vry te stel wat inherent aanwesig is in die gebruik van voorheen gemarginaliseerde tale en 
om 'n kykie te gee op die moontlikhede wat hulle voordoen wanneer mense se eerste tale die geldigheid verwerf wat hulle verdien op terreine 
wat voorheen net vir sekere tale voorbehou was. Alleen dan sal ons kan s dat demokrasie geheel en al in Suid-Afrika geld.

Pansat beskou as sy verantwoordelikhede samewerking met gemeenskapsorganisasies in die ontwikkeling van:

* Gemeenskapsdienste wat voorsiening maak vir tolk- en vertaaldienste;
* Opvoedkundige materiaal en leesstof in die inheemse tale;
* Woordeboeke wat die toegang tot tale binne 'n taalfamillie vergemaklik;
* Skakeling met buurlande oor taalverwante kwessies;
* Ontwikkelingskursusse vir sprekers/gebruikers van inheemse tale;
* Kursusse wat kennis van die inheemse in Suid-Afrika ontsluit.

Hiervoor is daar drie strukture binne Pansat: die Provinsiale Taalkomitees, die Nasionale Taalliggame en die Nasionale Leksikografiese 
Eenhede.

Die rol van die Provinsiale Taalkomitees in elke provnsie is om die raad te adviseer oor taalverwante kwessies wat die provinsie raak. Die 
Nasionale Taalliggame, wat nog geskep moet word, sal die raad adviseer oor enige bepaalde taal, gebaretaal of versterkende en alternatiewe 
kommunikasie.

Die Leksikografiese Eenhede moet die samestelling van woordeboeke in al die amptelike tale bevorder as deel van die bevordering van die 
beginsels van taalontwikkeling. Om hierdie eenhede te skep is een van die groot uitdagings wat op die raad wag.

Fokuspunte

Pansat benader sy taalontwikkelingstrategie deur sekere fokuspunte:

* Status-taalbeplanning; taal in die onderwys; tolk- en vertaaldienste; leksikografie, terminologie en plekname; ontwikkeling van die 
letterkunde en voorheen gemarginaliseerde tale; taalregte en -bemiddeling.
Die uitdagings wat na aanleiding van sy missie vir Pansat voorl, is om die bevordering van veeltaligheid te versnel, om die gebruik van 
tale te bevorder, en om die ontwikkeling van Suid-Afrika se amptelike tale te ondersteun, veral di wat politiek gemarginaliseer was. Daar 
moet op gewys word dat al hierdie uitdagings nie bereik kan word sonder die daadwerklike betrokkenheid van die hele nasie om dit 'n 
werklikheid te maak nie. Hierdie vooruitsigte verteenwoordig 'n aggressiewe proses van taalontwikkeling in sektore van die Suid-Afrikaanse 
samelewing.
Pansat se rol n die nuwe wetgewing sal nie verander nie, behalwe dat leksikografiese eenhede vir elke taal geskep en meer klem op 
navorsing en ontwikkeling geplaas sal word. Die magte en funksies van die raad, soos uiteengesit in die Pansat Wet no. 59 van 1995 en die 
Wysigingswet van 1999, mik daarop om:
* Studies en navorsing aan die gang te kry en die omstandighede te skep vir die ontwikkeling van: alle amptelike tale in die Republiek; die 
Khoe en San tale; en die Suid-Afrikaanse gebaretale;
* Studies en navorsing aan die gang te kry wat daarna streef om: die voorheen gemarginaliseerde tale in Suid-Afrika te ontwikkel; die 
vermindering van taalregte en regte ten opsigte van tale se status op 27 April 1994 teen te gaan; veeltaligheid in Suid-Afrika te bevorder; 
die gebruik van Suid-Afrika se talebron uit te brei; en die gebruik van enige taal vir uitbuiting, oorheersing en verdeling te voorkom.
* Voorstelle te maak in verband met enige voorgestelde of bestaande wetgewing, praktyk en beleid wat met taalkwessies op enige 
regeringsvlak te doen het, en met betrekking tot enige voorgestelde wysigings of die terugtrekking of die vervanging van sulke wette;
* Aanbevelings te doen by owerheidsinstansies op alle vlakke van regering waar sulke optrede as wenslik beskou word vir die aanvaarding van 
maatrels gemik op die bevordering van veeltaligheid as 'n nasionale hulpbron;
* Bewustheid van die beginsel van veeltaligheid as 'n nasionale hulpbron daadwerklik te bevorder;
* Raad te gee oor die kordinasie van taalbeplanning in Suid-Afrika;
* Die ontwikkelling van voorheen gemarginaliseerde tale daadwerklik te bevorder.

Die Raad is vasbeslote om sy grondwetlike mandaat uit te voer, wat onder meer daaruit bestaan om enige owerheidsinstansie raad te gee oor 
bestaande wetgewing, beleid of praktyk wat regstreeks of onregstreeks by taalkwessies betrokke is. Hiermee saam sal die raad sy mag na 
goeddunke gebruik en voortgaan om 'n oog te hou oor die nakoming van die grondwetbepalings rakende die gebruik van tale, en help met en 'n 
oog hou oor die bepaling van programme en beleid wat daarop gemik is om die gebruik van die amptelike tale en agting daarvoor te bevorder. 
Terselfdertyd sal stappe gedoen word om te verseker dat die gemeenskappe wat daardie tale gebruik, die geleentheid het om hul onderskeie 
tale in geskikte omstandighede te gebruik.

Dit was nog altyd Pansat se diepe oortuiging dat die sprekers van Afrikatale trots moet wees op hul eie tale, hulle moet praat en in hulle 
moet skryf. Dit is teen hierdie agtergrond dat Pansat die sprekers van alle Suid-Afrikaanse tale aanmoedig om hul eie tale op alle gebiede 
van die samelewing te gebruik. Dit is onteenseglik so dat so lank hierdie tale gepraat kan word f in die Parlement f by die onderskeie 
werkplekke, universiteite, in die huis, op straat, op televisie en radio en elke moontlike ander plek, die oorheersing van een taal oor 'n 
ander tot die verlede sal behoort. Uiteindelik kan alle kernpunte van invloed s omskep word dat hulle die keurstempel dra van 
taalontwikkeling. Dit kan nie betwis word nie dat taal een van die demokratiese beginsels is waarmee nasionale diversiteit, patriotisme, 
waardigheid en eenheid ingeskerp kan word. Prof. C.N. Marivate   is die uitvoerende hoof van Pansat.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6219.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

